Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

Mqwathi, sy kwalifikasie, sertifikate van bywoning en waar is sy grade?

Printer-friendly version

Nog stories rondom die meestersgraad in bestuursadministrasie wat ons munisipale bestuurder mnr Mncedisi Mqwathi volgens sy CV sou hĂȘ.

  • Mqwathi se CV is glo vergesel van bywooningsertifikate vir sy studie tot 'n meestersgraad in bestuursadministrasie by 'n instituut in Ierland. Nie graadsertifikate van 'n universiteit nie, sertifikate van bywoning.
  • Daar is ook geen vermelding of bewyse van Mqwathi se graad, sy voorgraadse studie of sy honeursgraad wat normaalweg 'n voorvereiste is om 'n meestersgraad te bekom.

Wat meer en meer duidelik word is dat Mqwathi 'n geval is waar die heersende ANC 'n mislukte kader herontplooi na 'n ander struktuur. Sy aanstelling was lank voor die tyd reeds bekend. Die gevolgtrekking is dat die hele proses rondom Mqwathi se aanstelling bloot net plaasgevind het ten einde die reëls na te kom en dat die eintlike besluit rakende die herontplooing van die lojale kameraad & kader Mqwathi eintlik elders in die ANC geneem is.

Daarby het 'n belangegroep vanuit Kroonstad persoonlik voorgestel aan 'n bevoegde amptenaar in 'n ander munisipaliteit in SA dat hy aansoek doen vir die pos as munisipale bestuurder in Kroonstad. Daardie persoon se antwoord was dat hy nie toegelaat word om vir die pos aansoek te doen nie. Oom bitterbek se gevolgtrekking is dat daardie persoon bewus was van die besluite deur die sentrale struktuur van die ANC en dat hy gevolglik geweet het dat hy nie vir herontplooing beskikbaar was nie.

Steeds is daar nog vrae en gerugte rondom die bewerings van "seksuele teistering" rakende Mqwathi.

Wat wel duidelik is, is dat Mqathi eers by Metsimaholo (Sasolburg) in 'n finansiële skandaal betrokke was, hertontplooi was na Umfuleni en na bewerings van seksuele teistering is hy nou herontplooi na Moqhaka (Kroonstad).

Wel, oom bitterbek dink dat as, gegewe die wanbestuur deur munisipale bestuurders van Moqhaka in die verlede, 'n vermoë tot uiterste geknoeiery die kriteria is waarvolgens munisipale bestuurders aangestel moet word, dan is Mqwathi uiters geskik vir herontplooing na die pos wat hy nou beklee.

Maar dit is nie die persoon wat vir Kroonstad uit sy huidige gemors gaan red nie. Dit kan net erger en erger gaan.