Verrotting versprei waar straathandelaars voorkom
Kom laat oom bitterbek vir julle vertel van hoe die dorp was. Jare gelede, maar nie soveel jare nie. Die kern van Kroonstad was op die hoek van Cross- en Reitzstraat. Op daardie hoek was die Selbourne hotel, met die beste winkels en mooiste geboue wat die meeste huur ingebring het rondom dit. Af in Reitzstraat was die Selbourne plein met 'n winkel met die naam Pyp en Twak by die ingang van die oop spasie wat ter bate van Kroonstad daargestel is. Die mees eksklusiewe winkels was reg rondom daarde gebied. Klerewinkels, 'n koffiewinkel, kafees, en algemene handelaars. Alles was sentraal en bymekaar in die kern van Kroonstad.
Kontrasteer dit met die beeld vandag. Reitzstraat is vervalle. Stasiestraat is 'n sone wat meeste mense (wit en swart) liewers nie begaan nie. Die ou stasiegebou is in onbruik, het afgebrand en is nou die domein van 'n klomp skurke en leeglêers waar hulle kan drink en dobbel sonder om reguit onder die blik van die polisie te wees. Selbourne plein is nou 'n minibus staanplek, vuil en vervalle en bemors. Dit lyk presies asof dit die armste, ontontwikkeldste land in Afrika kon wees. Om die hoek in Crossstraat tussen Stasie en Reitz is verskeie leë winkels in wat eens die kern van die dorp was. Die winkels wat daar is verkoop basiese benodighede, goedkoop klere, primusstowe, goedkoop snitte vleis of selfoonbenodighede. Links en regs af in Reitzstraat is dit nie 'n mooit prentjie nie. Die poskantoor is die domein van straatrowers wat wag om toe te slaan op hul prooi wat die poskantoor noodgedwonge moet gebruik. Die verval word voortgesit af in Oranjestraat en Murraystraat tot waar dit Brandstraat kruis. Buite die ou Shoprite winkel staan die straatrowers openlik tussen die straathandelaars. Vuil, vervalle, morsig en al die goeie besighede asook hul werkers wat eens daar was het padgegee.
Dit is 'n prentjie van stedelike verval wat homself herhaal in die kern van elke dorp en stad in die land met die uitsondering van Kaapstad. Verval, verarming, die vlug van vermoë besighede, winkels en hul werkers na die voorstede om van die stedelike agteruitgang te ontsnap. Uiteindelik is al die mooi winkels en besighede met werkers wat hul geld daar uitgegee het weg. Wat oorbly is verval en armoede en dalende eiendomspryse. Mettertyd word die verval die verantwoordelikheid van die owerhede wat groot bedrae geskuld word vir water, krag en belastings wat die eienaars van die geboue nie in staat is om te betaal nie. Misdaad, straatprostitusie, dwelmverkope, dronkenskap en groot hoeveelhede arm, werklose mense wat die vervalle geboue bewoon is die norm. Mettertyd woon slegs mense van elders in Afrika in die binnestedelike gebied.
Kroonstad het 'n uitsondering - Crossstraat tussen Brand en Presidentstraat. Daar bestaan 'n eiland van kwaliteitswinkels, sakepersele en mense met geld om te koop. Kaapstad se middestad is ook 'n uitsondering op die algemene verval. Die vraag is dus wat is anders in die twee gebiede?
- Eerstens was daar 'n doelbewuste besluit geneem deur of besighede (Kroonstad) of die plaaslike owerheid (Kaapstad) om nie stedelike verval in die gebied toe te laat nie.
- Reëls, regulasies en wette word streng toegepas.
- Gemors word skoongemaak, leeglêers word uit die gebied verjaag en wangedrag word nie geduld nie.
- Straatverkopers wat hul ware op die sypaadjie vertoon en verkoop word nie toegelaat nie.
Dit alles skep 'n ordelike, skoon, veilige omgewing waar kopers veilig en welkom voel. Waar gehalte winkels sake kan bedryf wat hoë huur betaal aan eienaars wat kan bekostig om hul geboue en persele te onderhou. Waar die waarde van eiendomme styg en waar die plaaslike owerheid 'n gesonde kern van inkomste uit belastings kan ontvang.
Hoe kan so 'n stelsel ondermyn word? Dit neem slegs een stap, presies wat in Johannesburg gebeur het - laat straatverkopers toe om hul ware in op sypaadjies te verkoop. Saam met die straathandelaars kom die stedelike verval, dit is onvermeidelik. Dit het gebeur met Stasiestraat, met Reitzstraat, met Brandstraat, met die bopunt van Crossstraat, Oranje, Murray en Buitekantstraat. Dit het gebeur in Johannesburg, Hillbrow, Braamfontein, Berea, Bloemfontein, Durban, Port Elizabeth, Oos Londen, Welkom.... Wel julle behoort teen die tyd die idee te kry.
Steeds sal die liberale sotte met hul bloeiende harte gevul met liefde vir hul medemens en woorde van werkskepping vir oom bitterbek steeds nie glo nie. Kan hulle tog hul oë moet rig na die onderkant van Crosstraat tussen Hill en Kerkstraat waar die straatsmouse paspoortfotos verkoop het buite die perseel waar binnelandse sake was. Die teenwoordigheid van die smouse op straat saam met hul rommel en die skuiling wat hulle gebied het aan misdadigers het die kraalkultuur gevestig in daardie straatblok. Besighede met gehalte produkte het hul deure gesluit omdat hul kliënte weggebly het en sakeondernemings wat in kantore was het uit die gebied getrek. Winkels met goedkoper produkte het daar oopgemaak, maar baie kon nie die mas opkom nie omdat die kliënte met geld wat eens daar was op ander plekke inkopies gaan doen het, plekke waar hulle veilig gevoel het.
In hul innige wysheid wil die munisipaliteit van Moqhaka (Kroonstad voor die witmense die verkiesing verloor het), persele allokeer en plekke oopstel vir die straatsmouse. In daardie verband het oom bitterbek laas Dinsdag regdeur 'n vergadering geslaap wat gehou was in die ouditoreum van die Allan Rautenbachsaal om besware aan te hoor teen die beoogde regulasie. 'n Regulasie wat in elk geval in beginsel deur die Moqhaka raad, met sy ANC meerderheid goedgekeur is.
Ongelukkig dink oom bitterbek dat dit ondanks die vergadering binnekort 'n feit sal wees dat die straatverkopers die kraalkultuur van Afrika regoor die sentrale Kroonstad sal vestig. Kopers met geld sal vlug na winkelsentrums weg van die sakekern omdat hulle eenvoudig nie veilig sal voel in die dorp nie. Die gehalte winkels sal agter hul kliënte aan padgee. Winkels met goedkoop produkte wat in Sjina vervaardig is sal inkom en die siklus van die kraalkultuur sal net toeneem tot op 'n punt waar die goedkoop winkels self nie 'n bestaan kan maak nie.
Dis nag!
- Die motivering om straatsmouse toe te laat is werkskepping. Dit is egter te betwyfel omdat straatsmouse dikwels nie Suid-Afrikaanse burgers is nie maar buitelanders van elders in Afrika. Daarby is dit ook die verkeerde vorm van werkskepping - straatsmouse kan hulself eenvoudig nie met daardie besigheidsmodel uit armoede uit opwerk nie.
- Omdat straatsmouse direk tot stedelike verval lei, bly kliënte weg, maak gevestige winkels met gehalte produkte toe en trek die sakeondernemings uit die kantore in die gebied. In stede daarvan om lae betalende werk te skep gebeur die teenoorgestelde deurdat baie kwaliteit poste verlore gaan.
- Omdat straatsmouse direk lei tot stedelike verval in die binnestede, verminder die huurinkomste van sakepersele, eindomswaardes stort ineen en uiteindelik word die inkomste van die plaasklike owerhede dramaties verminder. Die uiteinde daarvan is dat die eens florerende sakekern totaal in stedelike verval ineenstort en dit die plig van die plaaslike owerheid word om teen aansienlike koste die gebied te rehabiliteer. Dit kniehalter die vermoë van plaasklike regering om dienste te lewer aan diegene wat vir dienste betaal en dit plaas 'n reuse finansiële las op toekomstige inwoners van die dorp of stad.
- Straatsmouse dra nie by tot die betalings van eiendomsbelasting, tariewe en die betaling van krag, water en sanitasie nie. Daarteen verminder die straatsmous op die sypaadjie voor 'n winkel juis die vermoë van daardie onderneming om vir hul belastings en dienste te betaal.
- Omdat straatsmouse nie oorhoofse koste heggVGggVGt nie, geen waarborge of nasorgdiens moet voorsien nie en ook minderwaardige produkte bied is die pryse laer van die ondernemings wat winkels huur om mededingende produkte te verkoop. Dus ondermyn straatsmouse die gevestigde ondernemings.
- Straatsmouse is nie misdadigers nie, maar straatsmouse dra direk by tot misdaad. Dit is omdat die misdadigers die kultuur en omgewing van die straatsmouse gebruik om in te skuil. Die ware van die straatsmouse moet noodgedwonge die bewiging van voetgangers kanaliseer in nou gange waar misdadigers kan toeslaan.
- Waar straatsmouse voorkom bly daar hope rommel agter. Die hele omgewing is vuil en onsmaaklik. Ongelukkig is dit presies hoe die sakekern van elke enkele dorp of stad lyk waar die straatsmouse toegelaat word. Die verwydering van die rommel wat straatsmouse agterlaat is 'n aansienlike koste wat die plaaslike regering moet dra, juis in 'n gebied waar hul inkomste dramaties verminder direk as gevolg van die straatsmouse.
- Die verskaffing van water en sanitasie, of die ontsmetting en skoonmaak van strate en stege gebiede waar publieke toilette nie bestaan nie, word 'n verdere verpligting en uitgawe van die plaaslike owerheid. Die probleem word deur die straatsmouse veroorsaak, maar hulle betaal nie vir die oplossing van enige van hul probleme nie.
- Beter veiligheid en sekuriteit is toenemend benodig waar straatsmouse voorkom. Straatsmouse dra nie daardie onkoste nie, maar is direk verantwoordelik vir die probleem van veiligheid.
- Die kontrolering van straatsmouse is 'n reuse probleem wat die vermoë van plaaslike owerhede om verkeer te reguleer en basiese veiligheid toe te pas uitrek tot 'n punt waar dienste nie effektief toegepas kan word nie.
- Straatsmouse floreer in anargisme. Hulle steur hulself nie aan reëls en regulasies nie. Gee hulle 'n vinger en hulle vat die hele hand, die arm, die ganse sypaadjie en gooi klippe en steek goed aan die brand as iemand hulle probeer beheer.
- Straatsmouse dra absoluut geen inkomste by tot enige owerheid nie. Hulle skep uiteindelik enorme onkostes vir plaaslike owerhede en verminder die belastingbasis en eindomswaarde van plaaslike owerhede dramaties.
- Dit is 'n feit dat van die groothandelaars wat produkte aan straatsmouse verskaf eintlik net besig is om gesteelde produkte weer van die hand te sit.
- Die primêre verskaffers van produkte aan straathandelaars is dikwels ook nie eers besighede in dieselfde dorp nie. Hulle is ondernemings in stede wat beide die produkte asook die smouse vanaf die stede aanry.
In die middel 1990's het straatsmouse die sypaadjies in Braamfontein beset. Stedelike verval het dramaties toegeneem en besighede soos apteke, juweliers, restaurante, boekwinkels en goeie klerewinkels het hul deure gesluit. In hul plek het winkels wat goedkoop produkte verkoop wat in Sjina vervaardig is ingekom. Die keerpunt het gekom toe me. Winnie Madikizela-Mandela die Jorrison hotel in Jorrisonstraat gekoop het. Die eerste daad van die metropolisie was om op die direkte bevel van Winnie Mandela die straatsmouse in Braamfontein vir verskeie straatblokke rondom die hotel te verwyder. Stadig maar seker het die strate veiliger geword, het kopers met geld teruggekeer na die gebied en het winkels met beter produkte daar gevestig. Oom bitterbek sou nooit kon dinks dat hy dit ooit sal sê nie, maar in hierdie geval moet ons dalk iets leer by Winnie Mandela.
- bitterbek:
