Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

krag

Eksdom se baas is vriende met die grootbaas...

"Dit is onregverdig om al die probleme met die uitbreidingsprogram op een individu te plaas", aldus me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings oor die lojale kader & kameraad, mnr Jacob Maroga, wat deur die ANC in Eskom as besturende hoof ontplooi is.

Vir verskeie dae al bespiegel die pers of die uitvoerende hoof van Eskom, Jacob Maroga afgedank is deur Eskom se direksie of nie. Berigte is dat Maroga wel die trekpas gekry het en al weg sou wees as dit nie was vir ingmenging van heel bo af nie.  Read more

  • Me. Barbara Hogan het dadelik ingespring aan die kant van Maroga.

Dis nou oulik, dis nou Eishkom oulik!

Eish, the people are suffering!

In die "the previously oppressed peoples are suffering" department, weereens ons ou vriend, "Eishkom". Kyk na tabel hieronder, as dit van Eishkom afhang betaal ons elkeen oor drie jaar tussen R2000 en R3000 vir dieselfde eenheid krag wat laasjaar (2008) R500 gekos het.

Ja-nee, ons gaan in die donker sit, of dit nou vanwee geforseerde "load shedding" is en of dit vrywillig gaan wees, die duisternis is ons voorland.  Read more

Syndicate content