Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

mqwathi

Mqwathi, sy kwalifikasie, sertifikate van bywoning en waar is sy grade?

Nog stories rondom die meestersgraad in bestuursadministrasie wat ons munisipale bestuurder mnr Mncedisi Mqwathi volgens sy CV sou hĂȘ.  Read more

  • Mqwathi se CV is glo vergesel van bywooningsertifikate vir sy studie tot 'n meestersgraad in bestuursadministrasie by 'n instituut in Ierland. Nie graadsertifikate van 'n universiteit nie, sertifikate van bywoning.
  • Daar is ook geen vermelding of bewyse van Mqwathi se graad, sy voorgraadse studie of sy honeursgraad wat normaalweg 'n voorvereiste is om 'n meestersgraad te bekom.

Mqwathi - Interessante brokkies vanuit Metsimaholo se Jaarverslag vir 2005/2006

As ons stadsraadslede hul huiswerk rakende mnr Mcendisi Mqwathi gedoen het voor sy aanstelling as munisipale bestuurder van Moqhaka (Kroonstad), het hulle dalk op hierdie brokkies oor die verlede van ene Mcendisi Mqwathi afgekom vuit die 2005/2006 Jaarverslag van die Metsimaholo (Sasolburg) munisipaliteit:  Read more

  • Mqwathi was aangestel by Metsimaholo as "Director: Corporate and Transformation Services". Dit is nou daardie ou wat die wittes en veral wit manlike bestuurders moet vervang met lede van die voorheen benadeelde gemeenskap. Andersins is dit ook die personeelbestuurder.

Die kronieke van Mqwathi, Metsimaholo, SAMWU en bewerings van korrupsie

Verseker het nog die aanstellers van Mnr Mcendise Mqwathi as munisipale bestuurder van Moqhaka (Kroonstad) nog die oposisie in Moqhaka op Google gaan soek vir "Mqwathi" voordat hy aangestel is.

Cosatu se "Daily Labour Bulletin" van 5 Februarie 2007 bevat die volgende onder die titel "SAMWU takes on Metsimaholo Municipality".

SASOLBURG.- The South African Municipal Workers Union's (SAMWU), were last week Wednesday, locked in high level negotiations over issues raised during a protest march outside the municipality building.  Read more

Syndicate content