Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

munisipaliteit

Mqwathi, sy kwalifikasie, sertifikate van bywoning en waar is sy grade?

Nog stories rondom die meestersgraad in bestuursadministrasie wat ons munisipale bestuurder mnr Mncedisi Mqwathi volgens sy CV sou hĂȘ.  Read more

  • Mqwathi se CV is glo vergesel van bywooningsertifikate vir sy studie tot 'n meestersgraad in bestuursadministrasie by 'n instituut in Ierland. Nie graadsertifikate van 'n universiteit nie, sertifikate van bywoning.
  • Daar is ook geen vermelding of bewyse van Mqwathi se graad, sy voorgraadse studie of sy honeursgraad wat normaalweg 'n voorvereiste is om 'n meestersgraad te bekom.

Mqwathi - Interessante brokkies vanuit Metsimaholo se Jaarverslag vir 2005/2006

As ons stadsraadslede hul huiswerk rakende mnr Mcendisi Mqwathi gedoen het voor sy aanstelling as munisipale bestuurder van Moqhaka (Kroonstad), het hulle dalk op hierdie brokkies oor die verlede van ene Mcendisi Mqwathi afgekom vuit die 2005/2006 Jaarverslag van die Metsimaholo (Sasolburg) munisipaliteit:  Read more

  • Mqwathi was aangestel by Metsimaholo as "Director: Corporate and Transformation Services". Dit is nou daardie ou wat die wittes en veral wit manlike bestuurders moet vervang met lede van die voorheen benadeelde gemeenskap. Andersins is dit ook die personeelbestuurder.

Mqwathi se afskop alreeds verdag

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly alles presies dieselfde. En een ding wat nie nou al gaan verander nie, is dat Kroonstad (Moqhaka) nie 'n bekwame munisipale bestuurder sal kry nie.

Mnr Mcedisi Mqwathi is Kroonstad se nuwe munisipale bestuurder. En reeds word die "kaka" in Moqhaka, daardie produk wat in soveel van die dorp se strate afstroom en 'n onmisbare "klankie" aan die aandgeure in Kroonstad verleen, heen en weer in die raadskamer van Moqhaka geslinger.

Hier is 'n paar van die onwelriekende aangeleenthede rondom die aanstelling van Mqwathi:  Read more

Riviere van die kaka van Moqhaka in ons dorp se strate

Wat 'n str*ntspul!

Vermaakstraat Suidrand, waar die kaka van Moqhaka uit 'n horde mangate van die rioolnetwerk stroom. Die stroom riool word sterker en sterker namate jy in die straat afry. Aangesien Vermaakstraat ook die laaste straat bokant die spoorlyn by Gunhill is, kan dit aanvaar word dat daardie rou riool reguit in die Valsrivier inloop aangesien daardie deel van die dorp op die punt van die stormwater netwerk is.  Read more

Syndicate content