Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

anc

Mqwathi, sy kwalifikasie, sertifikate van bywoning en waar is sy grade?

Nog stories rondom die meestersgraad in bestuursadministrasie wat ons munisipale bestuurder mnr Mncedisi Mqwathi volgens sy CV sou hĂȘ.  Read more

  • Mqwathi se CV is glo vergesel van bywooningsertifikate vir sy studie tot 'n meestersgraad in bestuursadministrasie by 'n instituut in Ierland. Nie graadsertifikate van 'n universiteit nie, sertifikate van bywoning.
  • Daar is ook geen vermelding of bewyse van Mqwathi se graad, sy voorgraadse studie of sy honeursgraad wat normaalweg 'n voorvereiste is om 'n meestersgraad te bekom.

Lyfwagte: Item #97 op die glyskaal na "Afrikanisasie"

Lyfwagte vir junior tsotsi (ene Julius Malema, kroonprins van Luthuli huis en die ANC) om sy lewe te beskerm en dis ek en Jan Publiek wat vir die gelag sal betaal. 'n Hele R3.6 miljoen 'n jaar sal die junior tsotsi se BBP beskerming kos. Anders gestel is dit R300,000 per maand of R9,836 per dag wat die lyfwagte vir die belastingbetaler sal kos.

"Bliksem", is al wat Oom Bitterbek hieroor kan kwytraak!  Read more

Die junior tsotsi vs die spietkops

"I am Julius. I am above the law. I am going to be the next president of South Africa."

Hoekom dan nie? Julius die junior-tsotsi" (ook bekend as die Kroonprins van die ANC), doen dan net soos hy wil.

In Polokwane het die spietkops na berigte 'n onderonsie met kameraad & kader (K&K) Julius Malema, president van die ANC se jeugliga gehad.

Volgens berigte was nege verkeersbeamptes glo kniediep in die pekel omdat hulle vir Julius Malema afgetrek het. Die hele sage het min of meer so verloop (en meer onthullings kom daagliks na vore):  Read more

Syndicate content