Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

Moqhaka

Mqwathi, sy kwalifikasie, sertifikate van bywoning en waar is sy grade?

Nog stories rondom die meestersgraad in bestuursadministrasie wat ons munisipale bestuurder mnr Mncedisi Mqwathi volgens sy CV sou hê.  Read more

  • Mqwathi se CV is glo vergesel van bywooningsertifikate vir sy studie tot 'n meestersgraad in bestuursadministrasie by 'n instituut in Ierland. Nie graadsertifikate van 'n universiteit nie, sertifikate van bywoning.
  • Daar is ook geen vermelding of bewyse van Mqwathi se graad, sy voorgraadse studie of sy honeursgraad wat normaalweg 'n voorvereiste is om 'n meestersgraad te bekom.

Verrotting versprei waar straathandelaars voorkom

Kom laat oom bitterbek vir julle vertel van hoe die dorp was. Jare gelede, maar nie soveel jare nie. Die kern van Kroonstad was op die hoek van Cross- en Reitzstraat. Op daardie hoek was die Selbourne hotel, met die beste winkels en mooiste geboue wat die meeste huur ingebring het rondom dit. Af in Reitzstraat was die Selbourne plein met 'n winkel met die naam Pyp en Twak by die ingang van die oop spasie wat ter bate van Kroonstad daargestel is. Die mees eksklusiewe winkels was reg rondom daarde gebied. Klerewinkels, 'n koffiewinkel, kafees, en algemene handelaars.  Read more

Die kronieke van Mqwathi, Metsimaholo, SAMWU en bewerings van korrupsie

Verseker het nog die aanstellers van Mnr Mcendise Mqwathi as munisipale bestuurder van Moqhaka (Kroonstad) nog die oposisie in Moqhaka op Google gaan soek vir "Mqwathi" voordat hy aangestel is.

Cosatu se "Daily Labour Bulletin" van 5 Februarie 2007 bevat die volgende onder die titel "SAMWU takes on Metsimaholo Municipality".

SASOLBURG.- The South African Municipal Workers Union's (SAMWU), were last week Wednesday, locked in high level negotiations over issues raised during a protest march outside the municipality building.  Read more

Mqwathi se afskop alreeds verdag

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly alles presies dieselfde. En een ding wat nie nou al gaan verander nie, is dat Kroonstad (Moqhaka) nie 'n bekwame munisipale bestuurder sal kry nie.

Mnr Mcedisi Mqwathi is Kroonstad se nuwe munisipale bestuurder. En reeds word die "kaka" in Moqhaka, daardie produk wat in soveel van die dorp se strate afstroom en 'n onmisbare "klankie" aan die aandgeure in Kroonstad verleen, heen en weer in die raadskamer van Moqhaka geslinger.

Hier is 'n paar van die onwelriekende aangeleenthede rondom die aanstelling van Mqwathi:  Read more

Kroonstad besoedel nie meer rivier nie.

"'n Stukkende waterpyp is volgens me Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, herstel en die rivier (Valsrivier) word nie meer besoedel nie."

Waarop ek net kan sê, "Bog!"  Read more

Riviere van die kaka van Moqhaka in ons dorp se strate

Wat 'n str*ntspul!

Vermaakstraat Suidrand, waar die kaka van Moqhaka uit 'n horde mangate van die rioolnetwerk stroom. Die stroom riool word sterker en sterker namate jy in die straat afry. Aangesien Vermaakstraat ook die laaste straat bokant die spoorlyn by Gunhill is, kan dit aanvaar word dat daardie rou riool reguit in die Valsrivier inloop aangesien daardie deel van die dorp op die punt van die stormwater netwerk is.  Read more

Moqhaka-Reserve-2009-Special-Edition

Special Invitation, All Welcome!

Residents of Kroonstad are invited to a really, really special occasion. A one-off event, seldom experienced elsewhere in the world.

The Greater Moqhaka Regional Council is proud to introduce it's new beverage, Moqhaka Reserve 2009!

This special Moqhaka Beverage is already distributed to all residents through the municipal water supply at an extremely reasonable price for a beverage with such "special" qualities. Ratepayers that care to decant a glass of this slightly brownish liquid will immediately detect the odour emanating from this superb product of Moqhaka! The aroma has been incorrectly described as "rotten", "sewerage", "disgusting" or simply "shit", but the truth is that no single word can truly do justice to this delectable product.  Read more

Syndicate content