Riviere van die kaka van Moqhaka in ons dorp se strate
Wat 'n str*ntspul!
Vermaakstraat Suidrand, waar die kaka van Moqhaka uit 'n horde mangate van die rioolnetwerk stroom. Die stroom riool word sterker en sterker namate jy in die straat afry. Aangesien Vermaakstraat ook die laaste straat bokant die spoorlyn by Gunhill is, kan dit aanvaar word dat daardie rou riool reguit in die Valsrivier inloop aangesien daardie deel van die dorp op die punt van die stormwater netwerk is.
Verskeie mangate is net binne die erwe, of net teenaan die erwe van woonhuise in Vermaakstraat. En die stroom wat uit die Moqhaka-vulkane borrel is sterk! En dit stink! En dit is walglik!
Kyk, die dag as ek deur riviere van stront moet ry wat in ons dorp se riviere afstroom is ek HOOGS DIE MOER IN en gaan niemand om niks wat met die onbehulpe, korrupte, onbevoegde, patiese Moqhaka munisipaliteit te doen het, ontsien nie.
Julle vuil Moqhaka moere! Dit is nie moeilik om julle werk te doen en te sorg dat die dorp 'n rioolstelsel het wat funksioneer nie. En as dit nie gebeur nie, sal die burgery self die hef in die hand neem, al is dit om self nodige dienste te lewer, of om belastings te weerhou totdat diens gelewer word, of om klippe te gooi en te brand soos wat in vele dorpe reeds gebeur. Maar op die een of ander manier gaan julle tot verantwoording geroep word.
- bitterbek:
