Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

Die kronieke van Mqwathi, Metsimaholo, SAMWU en bewerings van korrupsie

Printer-friendly version

Verseker het nog die aanstellers van Mnr Mcendise Mqwathi as munisipale bestuurder van Moqhaka (Kroonstad) nog die oposisie in Moqhaka op Google gaan soek vir "Mqwathi" voordat hy aangestel is.

Cosatu se "Daily Labour Bulletin" van 5 Februarie 2007 bevat die volgende onder die titel "SAMWU takes on Metsimaholo Municipality".

SASOLBURG.- The South African Municipal Workers Union's (SAMWU), were last week Wednesday, locked in high level negotiations over issues raised during a protest march outside the municipality building.

SAMWU's strike was over, amongst other issues, senior managers' harassment and victimization of employees and the municipal manager's failure to address the matter.

The chairperson of the South African Municipal Workers Union (SAMWU), Maroele Seruoe claims that some of the managers have also been involved in corrupt activities within the municipality, making specific reference to the 2006 Auditor General's report.

  1. Municipal Manager, Kennedy Mahlatsi; Director of Organizational Development and Corporate Services Mncedisi Mqwathi; Chief Financial Officer, Johan Engelbrecht and the Manager of Public Safety and Security, Fire and Disaster, MP Penkin must be suspended.
  2. The Director of Organizational Development and Corporate Services, Mncedisi Mqwathi should not only be suspended with immediate effect but also criminally charged for the allegations made against him in the Auditor General's report.

Ek herhaal: "Mncedisi Mqwathi should not only be suspended with immediate effect but also criminally charged." En dit was die munisipale werkers se unie SAMWU wat daarop aangedring het.

Op die oomblik is ek nie 100% seker dat hierdie Mncedisi Mqwathi van Metsimaholo (Sasolburg) een-en-dieselfde Mncendisi Mqwathi is waarmee Kroonstad nou sit as munisipale bestuurder nie. Maar ek is 90% seker. Net die ware jakob sal daardie antwoord kan gee. Dan weet ek ook nie wat in die Ouditeur Generaal se verslag gestaan het nie - maar ek sal dit my werk maak om uit te vind!

Dit voorspel niks goeds vir Kroonstad nie. Ongelukkig is dti net nog 'n bewys dat Mqwathi as lojale kader & kameraad (K&K) van die regerende party na Moqhaka herontplooi is en dat sy aanstelling absoluut niks met bevoegdheid of met die kritiese behoeftes van Moqhaka te doen het nie.

Oom Bitterbek