Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

Maroga oorleef by Eskom, maar sal oom Bitterbek vir Eskom oorleef?

Printer-friendly version

Ongesiens deur die wêreldmedia het oom bitterbek dit reg gehad. Terwyl almal die aftrede van Jacob Maroba as uitvoerende hoof aangekondig het, het oom bitterbek net dae gelede voorspel dat Maroga sal bly, maar dat dit die uittrede van nog wit bestuurslei sal meebring.

Nou ja, ek het vir julle dan vertel, en dit is hoe dit gebeur het. Maroga bly maar Bobby Godsell en Allen Morgan het bedank. Volgens die ANC se jeugliga en die Black Mangement Forum, is Godsell 'n rassis en in hierdie nuwe SA beteken net 'n enkele aantyging van rassisme dat jou doppie geklink is. Dit maak die deure oop vir nog twee revolusionêre kaders & kamerade (K&K) van die regerende ANC wat na Megawattpark herontplooi kan word. Daar bly nou net een mulungu, ene me Wendy Lucas-Bull oor in die direksie van Eskom, maar moenie vrees nie, sy sal spoedig self plek maak vir nog 'n hertontplooing vanaf Luthuli-huis.

Inderdaad, mnr Mpho Makwana is sommer dadelik al aangewys in Godsell se plek deur Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings. Die enigste gevolgtrekking wat oom bitterbek hieroor kan maak is dat die skuif al etlike dae lank beplan is, en nie sommer net so 'n toevallige gebeurtenis is nie.

Oom bitterbek dink dat die kern van hierdie hele debakel in hierdie aanhaling (Volksblad) lê:

Maroga het die verslag (van me Susan Olsen oor die komende elektrisiteitskrisis) afgemaak as iets wat gebou is op die idee dat swart mense "uit hul eie nie in staat is om te lei of enigiets van belang te bereik nie."

Wel, dit som dit redelik goed op, met die verskil dat Maroga juis verkeerd is - in die begin van 2008 het die hele donnerse land se ligte het afgegaan en al die nywerhede en myne was in hulle moer in juis omdat die swart diamante in Eskom uit hul eie nie in staat is om te lei of enigiets van belang te bereik nie! Maroga het Eskom behoorlik opgedonner. 'n Organisasie wat verantwoordelik was dat "Apartheid Suid-Afrika" as die "Powerhouse of Africa" bekend gestaan het, was deur onbevoegde swart bestuur gereduseer tot 'n organisie wat nie meer in staat is om die ligte in Suid Afrika aan te hou nie. En dan word die prys van krag opgeskuif van die heel goedkoopste, na die heel duurste in die wêreld.

Oom bitterbek herinner homself daaraan dat die beste manier om duistere dinge te verstaan is om die geldspoor te volg. Kom ons kyk bietjie na wie, wat in Eskom gekry het.

  • Oor die laaste vyf jaar was die topbestuur van Eskom net oor die R200 miljoen betaal in bonusse en vergoeding.
  • Die twee swart diamante wat die meeste gebaat het uit die pot geld aan die einde van die reënboog was Gcabashe (met 'n BA graad in stadsbeplanning) wat Maroga se voorganger was met Maroga self in die tweede plek as ontvanger van tientalle miljoene.
  • Gedurende die finansiële jaar 2005 is Maroga wat toe die afdelingshoofbestuurder van Eskom was, 'n skamele R7.2 miljoen betaal.
  • In 2005 is die Gcabashe wat toe hoofbestuurder van Eskom was R13.1 miljoen betaal in bonusse.
  • Vir 2008 (die jaar toe die ligte afgegaan het vanweë die onbevoegdheid van Eskom se swart bestuurspan) is Maroga 'n skamele R3.9 miljoen betaal sonder enige bonusse.
  • In die jaar tot Maart 2009, het Maroga se geldsake effens verbeter met verhogings wat R4.96 miljoen beloop het. Ongelukkig het moes Maroga die gordel welliswaar stywer trek omdat hy sonder bonusse moes klaarkom vir die jaar. Aan die ander kant is alles nie so rampspoedig vir Maroga nie omdat sy inkomste tussen 2005 en 2009 verdubbel het met 'n bedrag van R2.5 miljoen.

Tragies vir die reputasie van die swart diamante in Eskom het 'n wit antie, ene Susan Olsen 'n memorandum aan Maroga in 2007 gestuur (waarvoor sy ook binne dae deur Maroga afgedank is) wat die begin ingelui het van die rampspoed vir almal wat van krag afhanklik is. Die gevolge van die onvoermoë om op die verslag te reageer ken ons almal, ons ligte het afgegaan in 2008 en die land se industrie het tot 'n stilstand gekom. Wat ons tot nou toe nie geweet het nie was wat Olsen se memorandum gesê het, en hier is 'n paar aanhalings:

Eskom's effective engine room, GPE (Generation Primary Electricity), lacks leadership, experience, knowledge and direction. It is haemorrhaging talented staff and is left with those who have delivered it to its current condition.

Without intervention and an imperative to become a fuel procurement and management department worth of Eskom's world-class operating plant, without appointment of a commercial competent managing director supported temporarily by external exports, I predict that GPE will collapse under its own weight.

Die res is geskiedenis, Olsen was dadelik deur Maroga afgedank en skaars ses maande later het die ligte afgegaan. Maroga het as baas van Eskom die aanslag van wat as die "racists" beskryf is, oorleef. Al wat dus oorbly is vir oom bitterbek om te sien of Suid-Afrika dalk vir Maroga kan oorleef.

Die versoek dat die laaste witmens wat emmigreer asseblief die ligte moet afskakel sal waarskynlik nie nodig wees nie omdat die ligte in elk geval nie sal brand nie.