Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

Lyfwagte: Item #97 op die glyskaal na "Afrikanisasie"

Printer-friendly version

Lyfwagte vir junior tsotsi (ene Julius Malema, kroonprins van Luthuli huis en die ANC) om sy lewe te beskerm en dis ek en Jan Publiek wat vir die gelag sal betaal. 'n Hele R3.6 miljoen 'n jaar sal die junior tsotsi se BBP beskerming kos. Anders gestel is dit R300,000 per maand of R9,836 per dag wat die lyfwagte vir die belastingbetaler sal kos.

"Bliksem", is al wat Oom Bitterbek hieroor kan kwytraak!

Vir R300,000 kan jy teen R150 'n kop, sowat 2000 biefstuketes in 'n restaurant elke maand eet. Teen 'n gemiddelde salaris van R4,000 kan jy 150 troepe huur. Of andersins huur jy 'n hele kompanie skutters in die weermag, hul onderoffisiere, offisiere, kok, skoonmakers, mediese ordinans en dan ook nog sommer 'n generaal of twee dalk ook want ons nuwe weermag het omtrent meer generaals as enige ander rang.

Maar junior tsotsi voel sy lewe is bedreig en hy het die beskerming nodig. Hy is geensins 'n publieke verkose amptenaar nie, nie 'n kabinetsminister, staatsamptenaar of 'n parlementslid nie. Malema se kiesafdeling is die jeuglede van 'n politieke party in ons demokrasie en is geensins 'n amptenaar wat die publiek in 'n demokrasie verteenwoordig nie. Maar, as lojale en revolusionêre kameraad & kader (K&K) van die regerende ANC mag Malema beskerming kry waarvoor die belastingbetaler sal moet opdok.

Kom ek vertel van die jare toe apartheid oor Suid Afrika geheers het. Toe ek so 12 jaar oud was in die winter van 1973 het Louis Botha in Bethlehem aan my 'n storie vertel van John Vorster wat destyds die eerste minister van Suid Afrika was. In daardie jaar het John Vorster in die bosveld gaan jag. Soos gebruiklik was, veral na die sluipmoord op Verwoerd is Vorster selfs gedurende 'n jagtog deur twee polisiemanne begelei. Vorster het egter omgedraai en aan hulle opdrag gegee om te gaan slaap, daar is geen gevaar in die bosveld nie. Waar in die wêreld vind jy 'n land waar die eerste minister aan sy wagte opdrag kan gee om te gaan slaap?

Kontrasteer dit vandag met die bevryde Suid Afrika waar selfs die junior tsotsi lyfwagte ter beskerming moet kry. Dalk miskien om hom teen ou oom bitterbek te beskerm?