Die knorrigheid en tjankstories van 'n middeljarige, Afrikaanssprekende, blanke man wat maar net nie in Suid-Afrika van 2009 kan aanpas nie.

Eksdom se baas is vriende met die grootbaas...

Printer-friendly version

"Dit is onregverdig om al die probleme met die uitbreidingsprogram op een individu te plaas", aldus me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings oor die lojale kader & kameraad, mnr Jacob Maroga, wat deur die ANC in Eskom as besturende hoof ontplooi is.

Vir verskeie dae al bespiegel die pers of die uitvoerende hoof van Eskom, Jacob Maroga afgedank is deur Eskom se direksie of nie. Berigte is dat Maroga wel die trekpas gekry het en al weg sou wees as dit nie was vir ingmenging van heel bo af nie.

  • Me. Barbara Hogan het dadelik ingespring aan die kant van Maroga.
  • Ingeligte bronne voer aan dat president Jacob Zuma direk ingegryp het en dat Hogan opdrag gekry het om die afdanking te keer.
    • Cobus Schmidt van die DA maak die stelling dat Maroga se afdanking niks met Zuma te doen het nie.
    • Pieter Groenewald van die VF+ bestempel die ingryping as 'n misbruik van mag.
  • Gerugte loop rond dat die direksie van Eskom afgedank gaan word.

Vraag is, is Maroga verantwoordelik vir die probleme by Eskom of is hy nie?

  • Wel, Maroga is die hoof van Eskom en enige blaam moet by hom begin.
  • Vraag is wat Maroga gedoen het om hierdie krisis te vermy. Alles dui op 'n totale onbevoegdheid aan die kant van Maroga om die land se kragprobleme op te los. Daarteenoor word Maroga se bestuur van Eskom as 'n reuse sukses van transformasie en swart bemagtiging gesien mits jy net die landswye kragonderbrekings miskyk. Al die prestasie bonusse en toekennings wat Maroga wel van Eskom af gekry het was omdat hy die transformasie kwotas so goed nagekom het. Dit beteken dat kundige (wit of blanke) arbeid verlore gegaan het en dat daardie poste of huidiglik vakant is of dat hulle deur minder kundige of selfs onbevoegde (swart) arbeid gevul is. Maar omdat die verhouding wit-tot-swart arbeidsmag in die guns van swart geswaai het, het Maroga miljoene as vergoeding ontvang.
  • Die ganse land insluitende die mynberyf en industrieë gebuk onder daaglikse kragonderbrekings in 2008 terwyl Maroga die leier van Eskom was.
  • Maroga is ook die vent wat ons krag met 46% jaarliks vir drie jaar wil verhoog.
  • Dan is me Hogan ook verkeerd - Maroga word afgedank juis vanweë sy onbevoegde gekonkel in die verlede, en nie vir die toekomstige uitbreidings nie.
  • Wat veral verdoemend is, is die berigte rakende die ontmoeting met, en daaropvolgende afdanking van me. Susan Olsen deur Maroga in 2007 waar Olsen vir Maroga gewaarsku het dat "Eskom se steenkoolafdeling onder sy eie gewig gaan ineenstort."

Hogan se verdediging van Maroga is dat hy nie vir toekomstige krisisse gestraf kan word nie. Die direksie van Eskom se afdanking van Maroga berus daarop dat hy vir sy historiese wanbestuur onthef word. Zuma se instruksie aan Hogan is om Maroga se bas te red. As dit daarop neerkom dat die direksie van Eskom eerder afgedank moet word, dan sal dit sekerlik gebeur - Luthuli huis sal nie toelaat dat hul lojale kameraad & kader Maroga tot 'n val kom nie. Gevolglik meng die regering direk in met 'n direksiebesluit van 'n staatskorporasie.

Die geval van me Susan Olsen:

  • Me. Susan Olsen is 'n Amerikaanse energiekonsultant wat vir twee jaar tot Julie 2007 eksklusief vir Eskom gewerk het.
  • Olsen se kontrok is beëindig binne dae na haar afspraak met Maroga op 19 Julie 2007.
  • Tydens Olsen se onderhoud met Maroga het sy die erns van die energiekrisis onder sy aandag gebring, Die datum was 'n volle 6 maande voordat die land vanweë wat Eskom as "nat steenkool" genoem het, in die duisternis gedompel is.
  • In haar omvattende verslag het Olsen daarop gewys dat Eskom se steenkoolafdeling "onder sy eie gewig gaan ineenstort" tensy ernstig ingegryp word.

Die spook van rassisme...

  • Rassisme? Ja, alles die skuld van rassisme.
  • As 'n lojale kameraad & kader (K&K) van die ANC val, veral in so 'n sensitiewe pos as die hoof van Eskom, dan sal die vingers wys na die mislukking van swart bemagtiging en die onbevoegdheid van die "swart diamante" om die poste te vul wat hulle huidiglik het.
  • Die beter opsie sal dus wees om die direksie van Eskom wat 'n hele paar blanke mans bevat af te dank en vir hulle van rassisme te beskuldig.

Wat kan ek hieroor sê? Klaarblyklik sal voortaan tot die besluite van die direksies van staatskorporasies op mikrovlak vanuit Luthuli-huis bestuur word. En sal daar ten alle koste ingegryp word om die kammerade & kaders (K&K) van die ANC te beskerm, al werp dit die hele land in die duister en bring die ganse nywerheid tot 'n stilstand.

South Africa, the powerhouse of Africa

"The powerhouse of Africa" was hoe Suid-Afrika in die dae toe die apartheidsregering aan bewind was, bekend gestaan het. Toe was berig dat Suid Afrika se steenkoolreserwes voldoende was vir die volgende 400 jaar en dat indien nie die land met die grootste steenkoolreserwes in die wêreld nie, was Suid-Afrika sekerlik onder die top 3 steenkoollande in die wêreld. Reuse kragsentrales wat steenkool verbrand kon onbepaald van die goedkoopste krag ter wêreld lewer terwyl die "Apartheid-regime" nog aan bewind was. Wat het dan verander in die 15 jaar van ANC bewind?

Wat verander het was dat die aarde besig is om te verwarm en dat die verbranding van steenkool een van die groot sondebokke is. Waar Suid-Afrika dus goedkoop, maar vuil, krag gehad het, moet die land nou omskakel na duur, maar ekologies gesproke, skoner bronne van kragopwekking. Dus gaan ons nie verder besoedelende steenkoolkragsentrales bou nie en is daar selfs planne om van die huidige steenkoolsentrales uit te fasseer. Dit gaan maak dat die gebruiker en nywerhede deur ons nekke vir krag sal betaal in Suid-Afrika waar ons omskakel na van die goedkoopste krag ter wêreld na van die duurste krag.

Alles ter wille van 'n skoner planeet. Gegewe die huidige verbranding wat steenkool gebruik is Suid-Afrika reeds een van die groot sondebokke wat besoedeling betref in die wêreld. Twee of drie addisionele groot steenkoolopwekkers sou ons probleme opgelos het en sulke planne het inderdaad tot betreklik onlangs binne Eskom bestaan maar is gekanselleer vanweë die impak wat dit op die omgewing sou hê. Om vir Jan Publiek goedkoop krag te gee sou van die wêreld 'n vuil, besoedelde plek gemaak het. Maar dit sal amper geen verskil maak om daardie sentrales te kanselleer nie. In Sjina word juis een so 'n besoedelende steenkoolkragopwekkingseenheid elke maand gebou. In die VSA word sowat vier nuwe steenkoolkragsentrales gebou. Gesien teenoor wat die wêreld se twee grootste ekonomiese lande aanvang sal Suid-Afrika se edele opoffering amper niks vir die planeet help nie.

Maar dit hou die groenes gelukkig. En die groenes steun ons regering en daar is ou verbintenisse tussen die groenes en die "ANC in bannelingskap" vanuit die struggle-dae.

Weereens gaan ek en jy deur ons basse vir die "politiek" betaal. Wat Maroga betref, gesien vanuit die hoë vensters van Luthuli-huis sal dit goeie praktyk wees om plek te maak op Eskom se direksie vir die herontplooing van kaders en kamerade met lojaliteit aan Zuma.