Waarskuwing. ou Bitterbek is GATVOL!
Nie almal gaan hou van wat hier gesê word nie. Die taalgebruik hier is ook nie vir almal aanvaarbaar nie. En maak nie saak wat ek hier sê nie, daar is diegene wat gaan sê dit is rassisties.
Julle moere!
Gesiene pilare van Kroonstad se gemeenskap het aan my gesê dat ek of alleen in Kroonstad kan staan, of ek kan baie goed doen as ek hierdie "bitterbek" gemors los en my op die positiewe in Kroonstad toespits.
Nee dankie vir die baantjies vir boeties.
Nee dankie vir die idee dat omdat ons leiers Vaak Willem de Klerk en Poedingbek van Schalkwyk die lig gesien het en ons almal uitverkoop het, ek (en al die witmense) ons bekke moet hou en aangaan met geldmaak.
Nee dankie! Nee dankie, nee dankie.
Julle verstaan nie hierdie "Labuschagne" wat hierdie "blog" bedryf nie. Ek is gatvol om rioolwater in my kraanwater te kry, vir die verval van ons land en dorpe en stede. Die verval van ons hele samelewing. En ek moet my bek hou sodat ons witmense toegelaat sal word om te kan geldmaak sonder om die swart meerderheid te affronteer?
Bog!
Nee dankie. Hier gaan ek nie die heilige koeie spaar nie en as julle nie hiervan hou nie is dit julle probleem, nie my probleem nie! Ek is behoorlik die bliksem in - die skares wat geboue afbrand in die "townships" omdat daar geen dienslewering is nie, is nie naastenby so beneek soos ek nie. Die vonke gaan spat!
